Bekkenvloer verswakking en U ( Afrikaans - het Nederlands volgt)
Die bekken van die vrou is soms soos die fondasie van 'n muur: dit gee aan veel organe ondersteuning. Soms doen dit sy ondersteuningswerk goed, maar ander kere kan dit sonder vooraf waarskuwing eenvoudig meegee. Hierdie faling in sy funksie kan geleidelik kom, of dit kan eenklaps , byna oornag, faal. Soms is daar aanleidende vroeg herkenbare redes waarom die fondasie sy ondersteuningsrol nie sal of kan vervul nie, soms is die padgee van ondersteuning onverwags en sonder waarskuwing. Die waarskynlike boustene van die fondasie is die fibreuse lae wat in die sogenaamde bekkenvloer of bekkenbodem gevind word, alhoewel dit nie deur alle slimmense wat hulself met hierdie probleme besighou, herken word nie.
Om die sakie eenvoudig te hou sal ek voorstel dat ons dit so aanvaar dat die bekkenvloer sy ondersteuningsfunksie alleen kan doen met sterk fassia lae wat rondom die sentrale poort wat deur die bekkenvloer van die vrou gaan, naamlik die vagina. Hierdie poort is die toegang van die buitewereld na binne en ook die uitgang vanuit die bekken na buite. Die hoofverkeer deur die poort is van verskillende grotes met seksuele eise aan die eenkant en die produk van seksuele verkeer , die baba, aan die anderkant. Skade wat deur die een veroorsaak word kan lei tot nadeel van die ander.
Die verhaal van skade eindig egter nie hier nie: skeure in die fassia laag is maklik te verklaar ( en soos sommige wil, te verhoed) deur die geboorte proses, maar in sommige vroue sal die fassia ondersteuning padgee, met geen vooraf rede soos te groot babas of te veel babas. In hierdie groep ongelukkige vroue het hulle eenvoudig net die verkeerde ouers gekies! Genetiese oorsake van te swak oorge-erfde fassia weefsel speel waarskynlik die grootste rol: as ma en ouma en tantes uitsakking ervaar het as gevolg van te swak ondersteuning, is dit byna te voorspel dat dit in die nasaatdogters ook sal kom. As die vrou ook vinnig deur geboorte gegaan het met vinnige ontsluiting en vinnige afhandeling van die verlosssing van die baba, sal sy waarskynlik op 'n later leeftyd so rondom die menopause of selfs vroeer betaal vir die luksieuse van min moeite met haar bevallings. Die oorgaan na die menopause met sy gevolglike gebrekkig gaan aan die vroulike hormoon (esterogeen) neem 'n verdere ondersteuning van die fondasie weg en word die hele proses van versakking versnel: die meerderheid van versakkings vind plaas in die ouer dame. Versnelling van 'n alreeds verswakte bekkenvloer word hier gevind.
As ons geneeskundig kyk na hierdie probleem, dan is die nuus nie goed nie. Vir eers weet ons wel hoe dikwels dit voorkom, ons weet ook waarom dit voorkom. Wat ek egter vanuit my vakgroep nie kan se nie is dat ons nie rerig altyd weet hoe om die probleem volledig op te los nie!
Die rede is dat defekte anatomie herstel nie noodwendig herstel van funksie gee nie. Defekte anatomie gee ingelyks ook nie noodwendige afwykende funksie nie. Dit verwar die beeld heelwat. Dis maklik in 'n geval waar daar simptome is ( en ek moet eerlik wees ons tas ook maar soms rond in die duister as dit by 'n lysie van simptome geassosieerd met uitsakking van die bekkenorgane kom!) en saam hiermee sien ons defekte anatomie: korrigeer die anatomie en die simptome sal verdwyn. In 'n groot groep mense is dit waar, maar in 'n groep gaan die simptome of klagtes nie weg nie en in 'n ander groep sal jy weer vind dat bykomstige klagtes bykom. Daar word selfs onderling verskil oor wat die werklike simptoom kompleks is wat met bekkenbodem uitsakking verband hou. Dis maklik as als heeltemaal uithang. Die probleem is met die ligter grade van uitsakking.
As u dink u is nou verwar: daar is darem hopelik lig aan die einde van die tonnel. Dit is eers die laaste aantal jare dat hierdie eeu oue probleem goed aangespreek word. My vakgenote het lank op dwaalspore rondgeloop en dis maar die afgelope paar jaar wat daar toenemend na die vrou met bekkenbodem problematiek se probleem en benadering tot haar probleem gekyk word.
Operatiewe herstel is voor die hand liggend. Hoe en met watter operasie is nie bekend nie. Operasies is soms tegnies verskillend en soos mense verskil so verskil dieselfde beskryfde tegniek van persoon tot persoon en selfs van operasie tot operasie in dieselfde persoon se hande van pasient tot pasient: die enigste manier om die resultate te kan vergelyk is om na die spesifieke dokter se eie resultate en nie na die resultate soos dit in vaktydskrifte aan sekere metodes geheg word te kyk. Verwarrend, ne? Meer oor tegnieke in 'n later skrywe.
Die vakgebied was (en is nog tot 'n groot mate) aan die orgaan wat die meeste las gee met versakking, naamlik die blaas, gekoppeld. Dit is egter so dat daar soms uitsakking van die agterwand van die vagina plaasvind, maar die simptome is meer wat mens sou verwag van uitsakking van die voorwand, en andersom. Daar gaan egter stemme op wat die verswakking van die vrou se bekkenbodem meer as 'n geheel wil sien en nie net aan die funksie van een orgaan nie: vandaar dat die vervanging van die sogenaamde Urogenikoloog deur die Bekkenbodem spesialis moet wees. Hoe ons hom of haar gaan noem is nog nie bekend nie.
In hierdie webtuiste wil ek 'n tuiste skep aan almal wat of hierdie probleem het of wat hom of haarself in alle eerlikheid hiermee wil besig hou.
0 Comments:
Een reactie posten
<< Home